Moulin Rouge

Moulin Rouge in die nag.
Moulin Rouge, deur Henri de Toulouse-Lautrec.

Moulin Rouge[1] (IFA: mulɛ̃ ʁuʒ; Frans vir "Rooi Meul") is ’n kabaret in Parys, Frankryk.

Die klub is in 1889 deur Charles Zidler en Joseph Oller gestig; hulle het ook die Paris Olympia besit. Dit is naby Montmartre geleë in die Paryse distrik Pigalle in die 18de arrondissement, en word uitgeken aan die rooi windmeul op sy dak.

Moulin Rouge is veral bekend as die geboorteplek van die moderne vorm van die dans cancan. Dit is aanvanklik bekend gestel as ’n verleidelike dans deur die courtesanes van die klub, maar het ontwikkel in ’n vermaakvorm van sy eie en het gelei tot die bekendstelling van kabarette oor die hele Europa. Die Moulin Rouge is vandag ’n besienswaardigheid wat musikale dansvermaak bied aan toeriste van oor die wêreld. Die klub se dekor beeld steeds in ’n groot mate die romanse van die Frankryk van die fin de siècle uit.

  1. Histoire du Moulin Rouge

Developed by StudentB